Dis nie aldag dat daar een van die topbestuur van ‘n skeepsmaatskappy voor ons Evangeliebedienaar sit nie. Hy is verslae. Stom.
Die kadet was drie maande aan boord, vertel hy moeisaam. Soggens opgestaan, sy werk gedoen, gaan slaap, weer opgestaan vir sy skof. Nie veel gepraat nie, net gedoen wat hy moes doen.
Die deure van al wat ‘n skip is blyk vandag op grendel te wees. Waar Danie kom, is die traplere óf reeds opgetrek, óf seemanne is té besig om hom te sien.
By een skip maak Danie dit wel tot op die dek, maar hier laat weet ‘n kwaai stem oor ‘n krakerige radio dat nou nie ‘n goeie tyd is nie. Hy blaas teleurgesteld die aftog.
Die foto wat sy aanstuur is van haarself, maar ek moet twee keer kyk om seker te maak of dit regtig sy kan wees. Van haar eens welige bos bruin hare wat altyd kenmerkend tot net duskant haar skouers hang, is daar geen teken nie. Nou is daar net ‘n kaal kop.
Hebreërs 11:1 het die bekende sin oor geloof: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Eintlik ‘n vreemde sin. Want ‘hoop’ en ‘oortuig wees’ is nie dinge waaraan ons kan raak of kan sien nie. So sien ons soms nooit dat ons werk die vrug van bekering dra nie, en u nog minder as ons. Tog is ons seker van die dinge wat ons nie sien nie!