Hebreërs  11:1  het  die  bekende  sin  oor  geloof:  Om  te  glo,  is  om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig  te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Eintlik ‘n vreemde sin. Want ‘hoop’ en ‘oortuig wees’ is nie dinge waaraan ons kan raak of  kan  sien  nie.  So  sien  ons  soms  nooit  dat  ons  werk  die  vrug  van  bekering  dra  nie,  en  u  nog  minder  as  ons.  Tog  is  ons seker van die dinge wat ons nie sien nie!


So  sing  ons:  Ek  SIEN  ‘n  nuwe  hemel   kom,   na   aanleiding   van Openbaring 21.

Ons en u glo in wat ons sien. Saam  is  ons  oortuig  dat  die  hemel   vir   elkeen   op   aarde   werklik  moet  wees.  Daarom 
ontvang  ons  die  seemanne  as die vreemdeling-swerwers van  die  see.  Die  liefde  van  Jesus   Christus   wat   ons   na  
hulle  toe  aanreik,  is  meestal  vir     hulle     vreemde     nuus.  Almal  vreemd  vir  almal  en  tog, in Jesus oplaas, almal een! Dit glo en hoop ons en daarvan is ons oortuig – al sien ons soms nie die resultaat nie.

Daarvoor is ons die Here innig dankbaar.

Die afgelope verslagjaar het die Here ons die geleentheid gegee om  met  oor  die  8000  seemanne  gesprekke  oor  Jesus  Christus  te  voer.  In  die  tyd  is  nie  minder  as  15000  stukke  literatuur  soos  Bybels, Nuwe Testamente en CD’s aan die seemanne gegee. Daar is  ook  by  talle  gemeentes  in  eredienste  besoek  afgelê  om  aan  hulle die wonderwêreld van CSO en die werk onder die seemanne bekend te stel.

In  genade  het  God  ook  nou  die    moontlikheid    voorsien    om    weer    ‘n    evangeliebedienaar     in     Kaapstadhawe    
en  Saldanha  aan  te  stel.  Ons  harte juig daaroor!

Wanneer ons hieroor nadink, dink  ons  dadelik  aan  al  ons  getroue    ondersteuners.    U    is  deel  van  oë  wat  die  seemanne  die  hemel  laat  sien  –  hier  en  nou.  Die  voorbidding vir en getuienis oor ons, maak ons werk baie makliker.

Kom  weer  saam  in  Sy  span  waarin u reeds so tuis is. Laat ons   bid,   hoop   en   oortuig   wees van dit wat ons doen. Laat ons saam oortuig wees van selfs dit wat ons nie kan sien nie.