Hoewel ons nie daar was om die eerste skip in die hawe te ontmoet nie, het ons kort na daardie aankoms, in Richardsbaai se hawe begin werk.

Ons het twee verskillende bergingsplekke wat ons in die hawe huur, om die werk makliker te maak vir ons sendeling.

 

Sendingwerker aan die werk

In Richardsbaai speel 'n ander verhaal af. Die man voor Loffie vertel van die plekke waar hy al gesoek het, waar hy al gegrawe het, wat hy al alles probeer het in sy soeke na ’n stukkie hemel.  Hy vertel van die skuldgevoelens wat hom elke dag ry oor hy nooit in die kerk uitkom nie.  Op see is dit ’n haas onbegonne taak. 

Sy verstaan van geloof is ’n iets-vir-iets een.  In sy teologie maak dinge soos kerk toe gaan sy kanse op hemel toe gaan beter.  Hemel is vir hom  dus ’n telkaart-sport, waar daar gedurig opgetel en afgetrek word sodat daar op die finale dag gekyk sal word of jou telling in die positief is.  Juis hieroor jaag saligheid-spoke hom elke dag sodat hy gedurig twyfel ...

Loffie deel die verhaal van die man wat langs Jesus aan die kruis tg vergifnis ontvang het en aan wie genade betoon is.  Na ’n lang gesprek kom die man tot die insig dat die hemel al die tyd verniet is, sonder telkaarte en optel en aftreksomme!  Hy’s bevry.  Verlig dat hemel dalk , hiér, nóú, syne kan wees.