Sedert 1972 is daar daadwerklik gevorder met die werk in die hawe. Na Kaapstad, het Durban, Suid-Afrika se grootste hawe, die volgende hawe geword waar ons werk.

Vir baie jare het net Hollandse skepe enige aandag gekry, maar dit het geleidelik baie duidelik geword dat daar groot geleenthede was vir sendingwerk onder ALLE seemanne in die Kaapstadse hawe.

n 1991 het ons begin werk in die Port Elizabethse hawe. Ons het begin met ’n deeltydse werker, maar die werk het gegroei tot 'n voltydse pos!
 

Hoewel ons nie daar was om die eerste skip in die hawe te ontmoet nie, het ons kort na daardie aankoms, in Richardsbaai se hawe begin werk. Ons het twee verskillende bergingsplekke wat ons in die hawe huur, om die werk makliker te maak.

Aan die einde van 1975 het ons besluit om ons eerste hawesending te open in Saldanhabaai. Ons was gelukkig om 'n afgetrede egpaar, wat verskeie tale kon praat, aan te stel.