In 1944 het die Gereformeerde Kerke en die Hervormde Kerk in Kaapstad besef dat daar 'n dringende nood was aan die verspreiding van die Woord onder besoekende seelui in die hawe.

Die doelwit van die CSO is om die evangelie volgens God se opdrag te versprei, soos verwoord in die Bybel, veral aan persone verbonde aan die seevaart.
 

Alle donasies word op 'n verantwoordelike manier benut om werk in die hawens te doen en om die administrasie doeltreffend te bestuur.
 

Ons as 'n interkerklike sendingorganisasie glo dat ons vir elke gewillige seeman 'n Bybel in sy eie taal moet gee en hulle met die genade en liefde van Christus moet versorg.

Die Christelike Seemansorganisasie dra God se liefde en God se Woord na elke seeman toe in sy eie taal.