Die organisasie is totaal afhanklik van individue en organisasies se donasies. Die fondse word op 'n verantwoordelike manier benut om werk in die hawens te doen en om die administrasie doeltreffend te bestuur. Die organisasie se finansiële state word op 'n jaarlikse basis geoudit. Die fondse word gebruik om Bybels (die organisasie werk op die oomblik in sowat 106 tale), elektroniese media en ander literatuur aan te koop.

Op die oomblik het ons 7 voltydse hawe-sendelinge wat in die Suid-Afrikaanse hawens werk. Ons doen ons bes om aan die werkers 'n ordentlike inkomste te betaal. Ons probeer ook om hulle te laat inskakel by gemeentes (omdat die meeste van hulle predikante is) om hulle vergoeding aan te vul. Voertuie moet ook voorsien word aan die werkers omdat die hawens werklik baie groot is.

Die administratiewe kantoor is in Milnerton, Kaapstad. Ons het twee voltydse personeellede, Hettie Smith en Eleanor Weideman. Giodina van Gent hanteer al die administrasie van die elektroniese media van haar huis af. Wilma Smith hanteer ons sendingkantoor in Durban en saam met haar werk ook ds Anneke Viljoen wat CSO se bemarker is.

Die administratiewe kantoor ontvang alle donasies, doen beplanning en berei die finansiële state voor. Die dagbestuur van die organisasie is ook in Kaapstad gesetel.