Kyk net die vreugde op hierdie seemanne se gesigte. Dit oor iets wat vir u en my dalk alledaags is: ‘n Bybel in sy eie taal. Dit is God se vreugde wat uit hulle uitstraal. Daar is mos die bekende Gesang wat lui: In U is vreugde! Hulle ontmoet die Here in hierdie Bybel. Hier hoor hulle Sy vreugdestem. Dit is die wonder hiervan: Hulle hoor net daar waar hulle is.

Natuurlik is daar ander maniere hoe hulle kan hoor. Ons leef immers in die tyd van tegnologie. Daar is potgooie, TV kanale en Bybels op hulle selfone. Maar dit is vir die seemanne nie dieselfde vreugde as om letterlik die Here se Woord in die hande te hê en daardeur te blaai nie. ‘n Bybel in ‘n moedertaal, praat immers met jou hart. Dit gee hartsvreugde. God se vreugde.

Tegnologie het oorgeneem. Daar was die dae van die posduif. Pragtige briewe wat geskryf is. CSO se briewe aan donateurs. Seemanne se briewe aan hulle geliefdes. Ongelukkig bied die posdiens vandag aan ons ‘n hele klomp uitdagings. Posstukke, soos die nuusbriewe wat  gereeld ontvang is,  bereik u nie. Donasies wat per pos aan CSO gestuur word, bereik ons nie. Dit verdwyn soos mis voor die môreson.

My pleidooi is daarom of u nie wil oorweeg om voortaan ‘n debietorder te teken vir donasies nie. Ons doen al die administrasie by ons kantoor en kan enige verandering met 'n epos of Whatsapp of telefoniese oproep van u af aanbring. Die opsies van maandeliks, kwartaalliks, elke ses maande of jaarliks is tot u beskikking. U kan ook enige dag van die maand kies.  Oorweeg dit asseblief biddend. Kliek hier https://bit.ly/42iU2gO  om die debietordervorm af te laai. Vul in en stuur aan ons terug en ons doen die res! Die eposadres is Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  Daar is ook die moontlikheid van EFT’s of herhalende betalings op u bank app. Kontak ons gerus per epos vir enige vrae!

Dr Wimpie van Schoor: Voorsitter.

  NS. Daar is donateurs wat reeds hierdie stap geneem het. U weet wie u is. Baie dankie daarvoor! 

Bankbesonderhede:ABSA, Tjek, 1520-230-226