Die chaos blyk woedend te wees.  Soos die daeraad oor die pas afgelope maande in ons vasgevange bestaan verby gesleep het, was dit al asof donker magte saamgesweer het om ons slagoffers te maak van vrees en onsekerheid.

'n Boodskap van CSO hawewerker Chris Viljoen.

Psalm 121: 1 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

Ons is in 'n verhouding met God en mekaar. Ons is in verhouding met seemanne en donateurs. In hierdie video vertel Ds André Lammertyn juis hoe belangrik ons verhouding met die seemanne is. COVID-19 veroorsaak ongelukkig dat ons op die oomblik nie met die seemanne in aanraking mag kom nie. Genadiglik dryf God se liefde ons werk en maak afstande tussen mense nie werklik 'n verskil nie.