Ons is in 'n verhouding met God en mekaar. Ons is in verhouding met seemanne en donateurs. In hierdie video vertel Ds André Lammertyn juis hoe belangrik ons verhouding met die seemanne is. COVID-19 veroorsaak ongelukkig dat ons op die oomblik nie met die seemanne in aanraking mag kom nie. Genadiglik dryf God se liefde ons werk en maak afstande tussen mense nie werklik 'n verskil nie.