Wat is die heel ergste, mees verskriklikste? Dit moet tog die dood van ‘n kind wees? Ek wil nie vir ‘n oomblik voorgee om daardie seer te ken nie, maar wat ek wel ken is die teendeel. Ek ken dit omdat ek saans slaaptyd diep in my dogtertjie se poele blou oë kyk terwyl die lig sag op haar gekrulde blonde lokke val en sy vir oulaas uit haar maag uit lag as haar ma haar speels kielie. En dan weet ek, vrees ek ... is dit gewis dat daar niks erger in hierdie lewe kan wees as om haar te verloor nie.

Voor Loffie in Richardsbaai sit ‘n pa wat wel daardie seer ken; ‘n Pa wat na twee jaar praat asof dit sommer gister gebeur het. In elke vars traan is dit duidelik dat die seer nog so vlak sit soos ‘n oomblik gelede. Hy praat oor lewe. Dood. Oor hoe hy dink dat dit God se straf was; oor hoe dit die prys is wat hy moes betaal vir die foute wat hy al in hierdie lewe gemaak het..

Wat is die heel ergste, mees verskriklikste? Dit moet tog die dood van ‘n kind wees? Ek wil nie vir ‘n oomblik voorgee om daardie seer te ken nie, maar wat ek wel ken is die teendeel. Ek ken dit omdat ek saans slaaptyd diep in my dogtertjie se poele blou oë kyk terwyl die lig sag op haar gekrulde blonde lokke val en sy vir oulaas uit haar maag uit lag as haar ma haar speels kielie. En dan weet ek, vrees ek ... is dit gewis dat daar niks erger in hierdie lewe kan wees as om haar te verloor nie.

Voor Loffie in Richardsbaai sit ‘n pa wat wel daardie seer ken; ‘n Pa wat na twee jaar praat asof dit sommer gister gebeur het. In elke vars traan is dit duidelik dat die seer nog so vlak sit soos ‘n oomblik gelede. Hy praat oor lewe. Dood. Oor hoe hy dink dat dit God se straf was; oor hoe dit die prys is wat hy moes betaal vir die foute wat hy al in hierdie lewe gemaak het.

So deur die trane en die troos kan Loffie vir die seeman ‘n ander storie vertel; ‘n storie van ‘n Pa wat sy enigste Seun gegee het sodat ons die ewige lewe kan hê. ‘n Pa wat ongekende genade gee en ons nie gyselaar hou vir ons foute van gister en die dag daarvoor nie. ‘n Pa wat genade aanbied sodat ons vry kan wees van die spoke wat agter lê.

Genade ook vir hom. Seeman, pa, eggenoot. God se genade ook vir hom ...

En vir ‘n oomblik is als vir die seeman beter. Later sal dit hom weer jag, weer kom jaag, maar bloot omdat hy mens is. Nooit omdat die genade nie groot genoeg is nie. Loffie kan hom ook ‘n Bybel gee, sodat hy homself kan herinner hieraan ... dié genade is groot genoeg. En dalk met tyd ...

Hierdie Paasfees sal ons aanhou om met ons donateurs se donasies die storie van die Seun aan die kruis vir elkeen wat wil hoor te vertel. Ons sal hul aanhou herinner: Sy genade is genoeg. Dis vir ons ‘n wonderlike voorreg.