Die nuus van die verspreiding van die COVID-19 virus, is oral volop. Maar agter die nuus is ‘n tragedie wat besig is om te gebeur. Veral met die seemanne. Skielik is daar onsekerheid. Hoe gaan dit met die gesinne tuis? Wat as ek self siek word – is daar vir my behoorlike mediese sorg iewers op die wye oseaan...

Normaalweg kan ons bedienaars seemanne vertroos, bemoedig en die Bybel met hulle deel wanneer hulle skip ons hawens invaar. Maar skielik is alles anders. CSO se evangeliebedienaars kan nie meer kontak hê met die seemanne nie. Die noodtoestand in die land as gevolg van die virus het skeiding gebring. Dit gebeur ook wêreldwyd – nie net in ons hawens nie.

Tog sal ons steeds ons hande uitsteek na hulle wat onbereikbaar geword het. Laat ons almal ons hande uitsteek in gebed vir mekaar, die seemanne en die CSO.