Ons glo soms dat God ons nie kan gebruik nie. Daar is een of ander iets wat maak dat ons nie vir God goed genoeg is nie. Te sondig, te kort, te maer, te lank - enigiets wat ons uit God se oog hou. Ons sal waarskynlik bitter selde aan onsself dink as 'n geloofsheld.

Ester was 'n weeskind. Sy was ook 'n Jood. Eintlik het alles teen haar in die lewe getel. Geen ouers, geen sosiale stand, armoedig. Sy was 'n “niks”. Daar was geen manier wat sy iewers in die lewe sou kom nie. Dit het in daardie tyd van die geskiedenis gewoon nie so gewerk nie.

Ester se verhaal is een van swaarkry, verraad, konflik, desperaatheid, rampspoed, wonderbaarlike redding en die belangrikste – die hand van God in die verhaal. Mordegai sê dat Ester koningin word, vir God se doel. Sy is uiteindelik die een wat die volk red. In ester 7:3 praat sy namens die volk om te verseker dat die volk gered word. Kyk net hoe het God met die verhaal gewerk: hierdie onbelangrike meisie wat alles teen haar gehad het, gebruik God in Sy voorsienigheid om die verskil te maak. God het voorsien dat die moontlike uitwissing van die volk 'n oorwinning geword het.

En u? Dink u ook u is nie goed genoeg vir God en Sy werk nie? Dat uself nie 'n geloofsheld is of ooit kan word nie? Kyk weer mooi na die verhaal van Ester. Sy was nie werd om die Here te dien nie, maar die Here het haar gebruik. Sy het wel 'n groot verskil as koningin gemaak. U is ook 'n CSO geloofsheld. U deel aan die werk van die CSO maak u 'n geloofsheld. Dan maak dit nie saak hoe groot of klein die aandeel is nie, dit is God wat daarmee werk.

Ons weet u is 'n gereelde donateur, maar oorweeg dit asseblief biddend om 'n maandelikse geloofsheld te word indien u nog nie een is nie. Dit sal ons ontsettend baie help.

Om 'n maandelikse donasie deur middel van debietorder te gee, kliek hier om die debietordervorm af te laai. Stuur die voltooide vorm terug aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Kliek hier vir die verskillende maniere wat u kan gebruik om ons te ondersteun.