‘Victor’ stel hy homself voor.  Hy is die eerste offisier op die EUROPEAN EAGLE.  Net uit die manier waarop hy groet kan Nico aflei dat hierdie man vol is - dit is nie meer hy wat lewe nie, maar Christus in hom.  

Soos Nico sê, somtyds is dit net nodig om rustig te sit en luister.  Victor vertel van homself - hy is getroud met ‘n wonderlike vrou en het twee kinders.   

Sy vrou het onlangs haar werk bedank om voltyds na die kinders te kyk.  As jongman het hy in ‘n huis grootgeword waar hul gesin passievol geleef het met een strewe in gedagte ‘Ek en my huis, ons sal die Here dien’.   

Nico beskryf hierdie ontmoeting as een van daardie rare geleenthede waar jy iemand ontmoet en die ontmoeting jou vir altyd bybly.  Alles in Victor se manier, sy woorde en duidelik ook sy lewe, vertel van God se genade.  Dit vertel  van ‘n ongekende volheid wat mens nie aldag in mense sien nie. Veral nie op ‘n skip nie.

Voor Victor se radio krakerig kreun om te hoor waar hy is, vra hy vir Nico om saam met hom te bid.  Saam met hom te bid vir ‘meer van U en minder van myself.’

Nico het uitgegaan om te gee, om te help leeg maak en te help nuut maak. Maar dit was sy beurt om te ontvang. Sy beurt om inspirasie te put uit die lewe van  'n seeman, om die gebed van die seeman ook vir homself te bid ‘meer van U en minder van myself’.