Mens sou wou glo dat om seeman te wees redelik eenvoudig is.  Begin mens egter met die mense van die see gesels kom jy gou agter dat daar menigte unieke uitdagings is wat seemanne op 'n dag tot dag basis teister.

'n Onlangse studie deur Swansea Universiteit het bevind dat seemanne die tweede hoogste selfmoordsyfer van enige beroep het.  Alleen steenkoolmyners het 'n hoër selfmoordsyfer.  Die weg van die huis wees en stresfaktore aan boord blyk 'n swaar las te wees wat teen 'n hewige prys kom.

Mens sou wou glo dat om seeman te wees redelik eenvoudig is.  Begin mens egter met die mense van die see gesels kom jy gou agter dat daar menigte unieke uitdagings is wat seemanne op 'n dag tot dag basis teister.

'n Onlangse studie deur Swansea Universiteit het bevind dat seemanne die tweede hoogste selfmoordsyfer van enige beroep het.  Alleen steenkoolmyners het 'n hoër selfmoordsyfer.  Die weg van die huis wees en stresfaktore aan boord blyk 'n swaar las te wees wat teen 'n hewige prys kom.  In die Filippyne, een van die grootste arbeidsverskaffers in die maritieme bedryf, het 'n onlangse studie gevind dat 75% van alle Filippyne 'n kollega ken wat moontlik aan depressie ly. 

Ook, volgens die International Transport Federation (ITF) het migrasie werkers, wat seemanne insluit, die hoogste MIV/Vigs infeksies van enige beroep in die arbeidsmark.  Ten spyte van al die werk wat met betrekking tot onderwys oor MIV /Vigs gedoen is, is baie mites oor die oordrag steeds so sterk soos altyd.  Onder Indiese seemanne het slegs 17 persent van  respondente in 'n studie gedoen deur die ITF, geglo kondome is effektief in die voorkoming van MIV/Vigs.  46 Persent het aangedui dat hul glo dat dit kan versprei in kos en drank.

In dieselfde studie het die helfte van seemanne aangedui dat hul bekommerd is oor die fisiese stand van hul liggame, terwyl byna 60 persent aangedui het dat hul probleme met hul rûe het as gevolg van die werk wat hulle doen.

Dan is daar die ewige kans dat jou reis per see deur seerowers omver gegooi kan word.  Alhoewel statistiek suggereer dat daar deesdae minder aanvalle rondom die kus van Afrika is, is die vrees om aangeval te word nog net so 'n groot realiteit soos in die hooggety van seerowery.

Ook, is jy deel van 'n multi-kulturele omgewing en word jy daagliks gekonfronteer met verskillende gelowe, rituele, tale en etnisiteit. Iets so eenvoudig soos kos is op 'n multi-kulturele skip 'n komplekse saak.

Boonop is daar min bewyse in ons dag tot dag werk hier by CSO dat skepe vandag, soos in die ou dae, gemeenskappe is waar seemanne na mekaar omsien.  Hierdie gemeenskappe waar kapteine eens soos vaderfigure was wat na hul familie omsien, is met tyd afgebreek deur globalisasie, kapitalisme en 'n ewige dryf deur skeepsmaatskappye om meer en meer geld te maak.

Iemand, soos 'n kapelaan, wat bereid is om te luister en om te gee is 'n skaars kommoditeit wat van bitter groot waarde is in die maritieme industrie.

Die uitdaging om seemanne te versorg en vir hul om te gee is dus kompleks en multidimensioneel.  Nie alleen is dit om hul spiritueel te versorg nie, maar ook is dit om fisies en psigies na seemanne om te sien. 

Ons hier by CSO is trots om op elkeen van hierdie maniere by seemanne betrokke te wees.  Soms vra dit dat ons fisies betrokke is, ander kere psigies, maar watter tipe versorging ons ook al gee, dit word onderstreep deur die vaste geloof dat dit is wat Jesus Christus sou doen.