Dis êrens in die begin van die nuwe millennium en Jan-Harm loop hom vas in 'n Rus wie se lyftaal aggressie skreeu. Asof sy are vol adrenalien gepomp is, wil hy blaffend weet wat Jan-Harm en die spul Bybels aan boord soek.

Jan-Harm probeer kalm die oorsaak van die aggressie, wat maar simtomatiese van iets dieper is, soek.

Hieroor is die man prontuit.

Dis êrens in die begin van die nuwe millennium en Jan-Harm loop hom vas in 'n Rus wie se lyftaal aggressie skreeu. Asof sy are vol adrenalien gepomp is, wil hy blaffend weet wat Jan-Harm en die spul Bybels aan boord soek. Jan-Harm probeer kalm die oorsaak van die aggressie, wat maar simtomatiese van iets dieper is, soek. Hieroor is die man prontuit.

Die man, nou 'n dieselwerktuigkundige aan boord die skip, is 'n veteraan Russiese offisier van agter die Ystergordyn. Selfvoldaan, asof hy op 'n rostrum staan, ryg hy triomfantlik die stories van hoe hy Christene vervolg het uit. Woorde soos 'doodgemaak' en 'oorboord gegooi' laat vir Jan-Harm steier.

So baie Christene was al op Golgota. Doodgemaak. Oorboord gegooi.

Wat beweeg jou dan so dat jy bereid is om die hoogste prys te betaal vir jou geloof? Dit moet tog Golgota self wees? Agter die skok beelde van dood, die drie kruise, die doringkroon, 'n spies in die sy, speel 'n verhaal van lewe af. Van 'n oop graf.

Golgota is 'n verhaal van lewe. Van dood wat dood is. En met die vaste wete het so baie al self op Golgota gestaan en die hoogste prys betaal.

Vandag, nadat Jan-Harm 'n Russiese skip besoek het waar hy die Evangelie vrylik kon deel, sit hy aan boord `n skip onder Chinese vlag. Hy deel Golgota met mense vir wie die Evangelie nooit voorheen beskore was nie.

Skielik val dit hom by dat so baie voor hom die suurdeeg was vir wat vandag moontlik is. Hy besef weer hoe ons, hiér, nou, die suurdeeg van God in die wêreld is.

Deur ons te ondersteun met 'n bydrae raak u deel van hierdie wonderlike storie. U bydrae sal dit vir ons moontlik maak om die Golgota se storie te deel sodat hulle wat dit nie ken nie, kan deel in die Lewe.