Oorlog, bom, masjiengeweer. Tenk, missiel en bolle rook, ... sal môre dan verloop? Dis die refrein van die sowat twintig Siriese seemanne wat Loffie in Richardsbaai ontmoet, se stories.

Dis die refrein van 'n lewe in Sirië. Dis onseker. 'n Lewe waar 'n dorp in 'n nag deur die haat van ekstremiste uitgewis kan word. Een waar elke sonsondergang waarskynlik die laaste is.... En vertroue? Dis 'n lewe waar min mense mekaar nog in die oë kan kyk. Die alternatief - agterdog, wantroue, vrees.....

Dis dalk die andersheid van die Christenman wat hul skip besoek wat hul tref. In hul wêreld is iemand wat belangstel, luister en omgee raar. En dan is daar die Christenman se storie ... Sy uitnodiging ... Waar hul moedeloos, magteloos hul stories vertel kan hy hul vertel van ‘n man wat ook swaarkry geken het, wat soms nie 'n rusplek vir sy kop gehad het nie... En hy kan hulle vertel van Sy uitnodiging.... Coenie de Villiers skryf dit raak:

In die branding van ons oorloë
aan die kantlyn van die stryd
is 'n leërskare kinderoë
wat jou en my verwyt;
maar as jy fyn sou luister
bo die gedreun van tenk en bom
hoor jy iemand dringend fluister:
"Laat hul dan na My toe kom."

Hul is ook nog kinders. Agttien, twintig jaar. Het al meer gesien van die lewe as baie van sewentig, tagtig jaar. En die uitnodiging dan aan hulle: 'Kom na Hom toe, kom na Hom toe, want Hy gee rus.'

By CSO sal ons in hierdie jaar aanhou om ons donateurs se donasies te gebruik om hulle wat moeg en oorlaai is uit te nooi, 'Kom na Hom toe, kom na Hom toe, want Hy gee rus.'

Donasies: sms cso na 42030 om R30 te skenk of kliek hier vir ander opsies.