Vroeg Vrydagoggend kry ek die WhatsApp boodskap.  Ses seemanne is dood in 'n ongeluk in Durban hawe.  Ek het geen idee wat gebeur het nie en Google gou wat aangaan.  Tot my skok sien ek dat ek die skip baie goed ken. 

Op Maandag 26 Maart het hierdie seeman in Richardsbaai op 'n vraghouer wat skoongemaak moes word, geval en sy heup en rugwerwels beseer en is opgeneem in die hospitaal. Loffie het gesorg dat hy 'n Cebuano Bybel kry om te lees. Hier is hy met sy Bybel. Dankie aan ons donateurs wat dit moontlik maak!

Donasies: sms cso na 42030 om R30 te skenk of kliek hier vir ander opsies.

Enrico is 'n Filippyn en dit is sy eerste besoek aan Suid-Afrika.  Hy's 'n jong man vol lewenslus en energie en vir hom was die afgelope tyd op sy skip 'n reuse avontuur.  Dis sy nooiensvaart en volgens hom die begin van 'n baie belowende loopbaan as seeman. 

Dit word jou hele bestaan... Jy is 'n wêreldburger en tog is jou bestaan ingekluister en beperk tot binne die vier yster mure van jou kajuit. Week na week maak jy vlugtig kennis met 'n nuwe wêrelddeel net om weer binne 'n paar uur in isolasie vasgekeer te wees, op pad na die volgende land, die volgende stad, die volgende hawe....