Die openingstoneel 'n Krip, die slottoneel 'n Kruis - die draaiboek speel af tussen die sagte lig in 'n stal en die onhoudbare bitter son wat ongenaakbaar neerbak op 'n koppie genoem Golgota. 'n Lewe tussen 'n Krip en 'n Kruis ...

Oorlog, bom, masjiengeweer. Tenk, missiel en bolle rook, ... sal môre dan verloop? Dis die refrein van die sowat twintig Siriese seemanne wat Loffie in Richardsbaai ontmoet, se stories.

Gregori  is  'n  derde  offisier  aan  boord  die PACIFIC  ANGEL*.  In geradbraakte Engels knoop hy met Danie 'n geselsie aan as hy die Russiese Bybels herken wat in die eetsaal uitgepak is.

Dis soos die perfekte storm, verduidelik die Filippynse man aan Nico.  Dis asof die heelal se elemente saamsweer om 'n fenomeen te weeg te bring wat verwoesting kan saai.  Daar is net niks wat gespaar word nie.