KAPTEIN JAKE* is reusagtig. Sy is 'n ertsdraer wat vandag laag in die water lê onder die juk van haar vrag. Aan stuur van KAPTEIN JAKE, met 'n gelyknamige rang, is kaptein Stavos. Grieks. Afgerond. Netjies. In uniform. Nie 'n ding uit plek nie. Ook so in sy kajuit, waar Danie nou oor die dek staan en uitkyk.
Vasklou vir lewe. Dit was op daardie stadium die enigste verweer teen die woedende storm wat die reusagtige, maar bitter-klein skip geplunder het. Met toue getem aan die kaai, inspireer die reuse skip vertroue asof onbreekbaar, maar in hierdie storm, aan die Afrika Weskus, raak die skip bloot dryfhout wat ongenaakbaar rondgeruk word deur die mag van die onstuitbare see.
"Wie sou kon dink dat eeue terug - soos die profete sê - in Bethlehem 'n Kind sou kom wat in 'n krip sou lê? Wie sou kon dink dat hierdie Kind - Maria en Josef se Seun, die sonde van die wêreld op Homself sou neem.
Hy's nie eintlik iemand op die skip nie. Hy's maar nog op die laagste trappie van die rangorde. Maar, in sy storie, is selfs dit merkwaardig - hy het 'n ver ent gekom.



