Die foto wat sy aanstuur is van haarself, maar ek moet twee keer kyk om seker te maak of dit regtig sy kan wees. Van haar eens welige bos bruin hare wat altyd kenmerkend tot net duskant haar skouers hang, is daar geen teken nie. Nou is daar net ‘n kaal kop.
Hebreërs 11:1 het die bekende sin oor geloof: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Eintlik ‘n vreemde sin. Want ‘hoop’ en ‘oortuig wees’ is nie dinge waaraan ons kan raak of kan sien nie. So sien ons soms nooit dat ons werk die vrug van bekering dra nie, en u nog minder as ons. Tog is ons seker van die dinge wat ons nie sien nie!
Mens sou wou glo dat om seeman te wees redelik eenvoudig is. Begin mens egter met die mense van die see gesels kom jy gou agter dat daar menigte unieke uitdagings is wat seemanne op 'n dag tot dag basis teister.
'n Onlangse studie deur Swansea Universiteit het bevind dat seemanne die tweede hoogste selfmoordsyfer van enige beroep het. Alleen steenkoolmyners het 'n hoër selfmoordsyfer. Die weg van die huis wees en stresfaktore aan boord blyk 'n swaar las te wees wat teen 'n hewige prys kom.
Dis êrens in die begin van die nuwe millennium en Jan-Harm loop hom vas in 'n Rus wie se lyftaal aggressie skreeu. Asof sy are vol adrenalien gepomp is, wil hy blaffend weet wat Jan-Harm en die spul Bybels aan boord soek.
Jan-Harm probeer kalm die oorsaak van die aggressie, wat maar simtomatiese van iets dieper is, soek.
Hieroor is die man prontuit.



