Soos baie van julle weet is Rina Hugo en haar man Johan van Rensburg al baie jare betrokke by die Christelike Seemansorganisasie.

Van die maniere hoe hulle ons help, is deur Rina se lofprysingseredienste in verskeie gemeentes regoor die land en hulle gewilde seniorburgervertonings.

Ongelukkig met die pandemie is optredes eers van die baan. Rina het dit egter goed gedink om 'n aanlynkonsert op te neem te bate van die CSO.

Wil julle ons nie asseblief ondersteun nie en ook vir vriende aanstuur wat sou belangstel nie? Ons sal dit geweldig waardeer. Klik op die skakel om jou kaartjie te bespreek - https://tickets.tixsa.co.za/event/rina-hugo-aanlyn-konsert

So versprei ons die Woord na die uithoeke van die wêreld toe.