Desperaat - die hopelose moraal van hulle aan boord in nege letters.  Dis diep Junie en Loffie is in Richardsbaai aan boord ‘n steenkool-vragskip. Al is die hemel bo Richarsbaai vars winter blou, hang spreekwoordelike onweerswolke onheilspellend grou oor die boeg.

Oomblikke nadat Loffie op dek aanmeld is die hele bemanning by.  Russe, gewoonlik skugter om te gesels is die eerste wat naderstaan.  Ook ‘n man uit Indonesië en ‘n paar Bulgare is in oomblikke langs sy, sy.  In hul naderstaan is daar dringendheid.  Maar, is dit gou duidelik, ‘dringend’ is ‘n arm woord. Dringend is as jy op ‘n lysie op ‘n hoë krans staan en wag dat iemand jou moet kom help.  Desperaat is as jy in vryval is en hopeloos hoop dat jy êrens oppad na onder ‘n tak sal kan gryp.

Sommige van die manne is al dertien maande aan boord – reeds vier maande verby hul kontrakte se vervaldatum.  Met reis en vlug beperkings is daar geen hoop om die huis binnekort te sien nie.  Om die kameel se rug verder te toets is hul almal drie maande laas betaal.  Ses seemanne lê siek in hul kajuite.  In twee vorige hawes het owerhede geweier dat hul aan wal gaan vir mediese sorg.  Vir die Kaptein is dit ewe moeilik.    Daar moet ten minste vyftien seemanne aan boord wees om te mag vaar.  Daar is geen manier waarop hy ses aflos- bemanningslede kan kry nie.  Indien die owerhede wel sou toelaat dat die ses die skip verlaat, sou dit meen dat sy skip gestrand is.  Wat meer is, is dat hy bekommerd is oor van die manne se geestesgesondheid.  In die hopelose geselsies in die wandelgange van die skip het meer as een al verklap dat hulle nie meer wil lewe nie ...

Loffie bedien hulle met die Evangelie.  Hulle kry Bybels in hul eie taal en hy kan saam met hulle bid en hul bemoedig.  Maar, praktiese Christenskap is meer as dit ... dit is ‘n oproep na owerhede om te kom help, dit is om te reël dat ‘n dokter aan boord kom,  om te sorg dat die manne by die seemansentrum kan uitkom om land onder hulle voete te voel en dat hul foonkaarte in die hande kan kry om hul families vir die eerste keer in weke te kontak.  Dis wat hulle nou nodig het ...

Donateurs het al hierdie dinge moontlik gemaak.  Namens elke Rus, Bulgaar en een Indonesiër – ontsettend dankie.  Dit het hul lewens geraak! Wil jy nie ook deel word van hierdie ongelooflike bediening nie.

Donasies: 
SMS cso na 42030 om R30 te skenk of klierk hier vir ander EFT en kredietkaart opsies. 

Bank Rekekening: Christelike Seemansorganisasie. ABSA. Tjek. 630509. Rekno: 1520-230-226.

ABSA na ABSA. 
App: Kies betalings. Kies betaal rekening. Kies begunstigde gelys. Tik Christelike Seemansorganisasie in. Doen betaling. 
Op internet: kies betalings, kies begunstigde gelys, Tik Christelike Seemansorganisasie in. Doen betaling.