|
Ondersteun ons ... word 'n vennoot |
|
Gee 'n seeman 'n Bybel in sy eie taal en jy gee hom lewe in Christus!
Ons skryf aan u as iemand wat God se Woord lief het en om u te vra om ons te help met dié belangrike taak. Die werk wat ons doen kan net voortgesit word met die hulp van mense soos u wat omgee. 'n Bybel of Nuwe Testament in 'n vreemde taal is duur, maar met u hulp kan ons die Bybels versprei. Dit is werklik 'n belegging in die Koninkryk van God en in alle ewigheid.
Kan u met ons saamwerk om uit te reik na die mense? Bankbesonderhede
Rekening : Christelike Seemansorganisasie (CSO) Bank : Absa Bank Rekeningnommer: 1520-230-226 Takkode : 63-05-09 (Milnerton)
As u 'n bedrag direk in ons rekening betaal, sal ons dit waardeer as u die donasievorm invul, anders kan u net die deposito-strokie met u besonderhede per faks stuur aan (021) 551-8617.
Indien u per kredietkaart of debietorder 'n donasie wil maak kontak ons kantoor.
Indien u 'n bedrag wil nalaat aan die organisasie kan u gerus 'n e-posboodskap stuur om meer inligting aan te vra.
|