Christian Seamans Organisation

CSO_logo.gif
You are here: Tuis
  • Decrease font size
  • Default font size
  • Increase font size
Warmharte Projek

Image Image

Image

 

Gee ons ‘n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer...


Dit was in hierdie somerhitte toe ons weer die tradisionele kersgeskenkpakkies vir die seemanne opgemaak het. So tradisioneel soos die kerslied is hierdie jaarlikse uitreik na die seemanne. 

Image Ons het weer van oor die hele land die geskenke ontvang: gebreide musse, kouse, serpe wat netjies in ongeveer 2000 pakkies toegedraai is. Wol-gebreide geskenke in ‘n Somerkersfees! Maar natuurlik is dit moontlik. Seemanne reis die wêreld vol – ook na die dele waar dit bibber koud is wanneer ons ons eie Somerkersfees vier.

Ons noem dit warm-harte. Want dit is die Here God wat ons en u harte warm gemaak het om deel te hê aan die uitreik na seemanne wat Kersdag vêr van hulle geliefdes is. Want skuins voor Kersdag laai almal by CSO hulle motors vol en deel saam met die ander organisasies hierdie geskenke uit.

Daarmee bid ons saam – dat die ontvangers se harte warm sal word vir die liefde van God wat hulle deur ons ontvang.

Baie dankie vir elkeen wat hierdie pragprojek ondersteun! - Wimpie van Schoor

Kersfees 2008

Besoek asb die Gallery vir meer fotos van ons Warm Harte Projek


 

 
< Vorige