|
Verwelkomingsboodskap vanaf die voorsitter |
|
Baie welkom by die tuisblad van die Christelike Seemansorganisasie. Die CSO het ten doel om die Blye Boodskap van God se liefde oor te dra aan elkeen wat by die seevaart betrokke is. Daar is evangeliebedienaars in elkeen van die groot hawens van Suid-Afrika wat op 'n daaglikse basis na die geestelik nood van die seemanne op skepe omsien. Gelowiges van baie verskillende taal- en kultuurgroepe is ons getroue ondersteuners, donateurs en medewerkers. CSO het ook internasionale bande met ander organisasies en is lid van die International Christian Maritime Association - 'n sambreelorganisasies van hawesendingorganisasies.
Dr Wimpie van Schoor Voorsitter |
|
|
Die verskil wat 'n Bybel of 'n gebed kon maak |
Johan druk die Polo se neus in die rigting van Atlantis. Tafelberg lê vanoggend onder die mis en die hyskrane, skepe, trokke en ander gedoentes in die hawe lyk in die halflig van die misdag skouspelagtig. Dit is 'n onwaarskynlike bestemming op 'n Woensdag oggend . Atlantis is 'n woongebied anderkant Melkbosstrand.
In die passasierssitplek sit 'n man van die Ivoorkus. Sy donker vel en swaar aksent gee hom weg as hy gesels. Na die aanvanklike verduideliking van hoekom hy so dringend in Atlantis moet uitkom, praat hy nie veel nie. Hy kyk net. Na die berg se kant toe, na die stad, na alles waarby hulle verbyry. Aandagtig. Stil. Eindelik kry Johan se nuuskierigheid die oorhand en moet hy vra. Jo-Jo het ses jaar gelede in Suid-Afrika aangekom op 'n skip uit Nigerië. Die bemanning het gewag vir betaling, en geld om die skip terug te vat. Een maand het twee geword en twee drie. Na 'n jaar was dit duidelik dat daar niks van die beloftes gaan kom nie, en Jo-Jo moes 'n plan maak. Intussen het hulle om aan die lewe te bly los werkies gedoen op ander skepe. En toe ontmoet Jo-Jo haar ...
'n Meisie van Atlantis. Daai tyd het sy by 'n ‘shelter’ in Roelandstraat gewerk waar hy een aand gaan aanklop het om kos in die hande te kry. 'n Jaar later is hulle getroud. Jo-Jo erken dat Atlantis nou nie die maklikste plek vir 'n man van die Ivoorkus is nie. So amper drie maande terug was hy vir die eerste keer weer terug huistoe. Sy geliefde se grootste vrees was dat hy nooit weer sou terugkom nie. En nou ry hulle. Atlantis toe, want die verlore liefde is by die huis.
Die mooi van die storie is dat hy op 'n stadium vir Johan vra of hy vir Pastor Zeeman ken. Hy vertel dat Pastor Zeeman hom destyds 'n Bybel gegee het, en dat hy hom vertel het van Jesus Christus. Hy vertel hoe hy tot bekering gekom het, en dat dit juis sy nuutgevonde geloof was wat gemaak het dat hy sy meisie ontmoet het. Peet Zeeman werk nou al 'n jaar of wat nie meer vir die CSO nie. Maar uit 'n onwaarskynlike oord, baie jare later getuig iemand steeds van Peet as 'n instrument van Jesus Christus. 'n Instrument wat iemand se verloop van sy lewe dramaties verander het met die boodskap van 'n Man aan 'n Kruis.
Oor baie jare moet daar duisende stories wees wat ons nooit sal hoor nie, oor CSO kapelane wat 'n verskil kon maak. Oor die verskil wat 'n Bybel of 'n gebed kon maak. En as daar stories oor Kapelane is, dan is daar stories oor donateurs ... Want donateurs het dit jare terug moontlik gemaak vir Peet om 'n Bybel te kon gee. |
|
Hier is ons eredienste vir Mei en Junie 2010
9 Mei
| Oggend | NG Rayton | | 9 Mei | Aand | NG Witbank-Suid | | 14 Mei | Oggend | Witfieldpark (Aftree oord) | | 16 Mei | Oggend | NHK Rustenburg-Tuine | | 16 Mei | Aand | NG Swartruggens | | 23 Mei | Oggend | NHK Wonderboompoort | | 23 Mei | Aand | NG Valhalla | | 6 Jun | Oggend | NHK Standerton | | 6 Jun | Aand | NG Secunda | | 
| |
|
Die Warm Harte-projek vir 2009 het wonderbaarlik gegroei – en dit het sommer al klaar afgeskop vir 2010! |
|
Lees meer...
|
|
|