|
Taal – ons dink daarin, voer rede daarin, praat daarin, kuier daarin en droom daarin. Al ooit probeer om iets wat na aan die hart lê vir iemand te probeer verduidelik sodat hul dieselfde passie en emosie kan voel as wat binne in jou leef? Probeer dit nou in 'n ander taal! En hoe praat en dink ons oor God? Hoe beleef ons God? Meestal in ons taal. Sonder dat ons in eie taal kan uitdrukking gee aan iets soos Sy genade, Sy vrede en liefde is dit veraf konsepte wat op ander mense van toepassing is. Maar as mens oor God kan praat in jou taal, kan dit deel raak van jou wese … van jou IS.

Ramon kom uit Brazilië. Ek en hy verstaan mekaar, om die minste te sê, gladnie. Behalwe vir lyftaal en ons glimlagte is die woorde wat ons met mekaar praat hol en betekenlose klanke. Sy Engels is beperk tot 'n paar onsamehangende woorde wat net op geen manier wil sin maak nie. Ek verstaan na vele probeerslae dat hy probeer verduidelik dat hy besig is om Engels te leer. Met sy lyftaal beduie hy dat ek moet vasstaan sodat hy iets kan gaan haal.
Met diè kom 'n ander seeman aan, darem beter geskool in Engels. Hy verduidelik dat hy Ramon se Engelse leermeester hier op die skip is. Na hulle skofte probeer hy altyd vir Ramon 'n paar woorde leer. Hy sê speels dat sy groot vriend Ramon nie eintlik die skerpste potlood in die pakkie is nie, maar dat hy baie toegewyd is. Kort voor lank kom Ramon aangedraf met 'n boek in die hand. Hy druk 'n Engelse Bybel met vuilgevatte blaaie in my hand. Sy vriend verduidelik ... Ramon het hierdie Bybel amper 'n jaar terug persent gekry, en daarom is hy so vasberade om Engels te leer. Sodat hy die geheime kan verstaan wat in die boek opgeteken is. Sy vriend vertel hoe Ramon elke aand in hulle kajuit sit en vir ure lank met 'n woordeboek probeer ontsyfer wat in die Bybel staan.
Kan dit reg wees? Dat iemand 'n ander taal moet leer om vir God te leer ken? Dat iemand 'n woordeboek moet gebruik om genade te probeer uitpluis? Hoe moeilik moet dit nie wees as die somtotaal van Jesus se Verlossing wat jy verstaan 'n paar oorvertaalde woorde uit 'n onbekende taal is nie?
Ek het eers niks gesê nie, maar later is ek terug. Terug met 'n Bybel in Ramon se eie taal. Ramon het my woordloos en uit die veld geslaan aangekyk. Bewoë het hy iets onverstaanbaar gebrabbel. Maar die boodskap was duidelik - hierdie oomblik het Ramon se lewe onherroeplik verander. Hy kan nou die Here aanroep in sy eie taal. Ons vriende en donateurs het vir Ramon en baie ander dit moontlik gemaak met hulle donasies en gebede.
|