Skip to content

Bid gedurig
Geskryf deur Johan Smith   

Bid gedurig.  Dis raad wat ons meer as dikwels in die wind slaan en soms lewe ons boonop só …  asof ons gebed nie nodig het nie, asof ons op eie stoom ons pad deur hierdie lewe en sy stormwaters kan stuur in totale onafhanklikheid van iets groter as onsself. Bid gedurig.  Dis raad wat ons meer as dikwels in die wind slaan en soms lewe ons boonop só …  asof ons gebed nie nodig het nie, asof ons op eie stoom ons pad deur hierdie lewe en sy stormwaters kan stuur in totale onafhanklikheid van iets groter as onsself.

As daar een ding is wat my dag na dag opval van die manne en die vroue van die see, dan is dit dat hulle iets verstaan van afhanklik wees … iets verstaan daarvan dat daar Iets groters as hulself en hulle leefwêreld is.  Want in die woorde van Uys Krige wil ek vra ‘Ken jy die, Meneer ken jy die see?’

Nooit kan jy op blouwater wees en onaangeraak staan deur die grootheid en majesteit daarvan nie.  Nooit kan daar ‘n helse storm woed sonder dat jou gemoed soek na iets wat selfs groter is as die krag van die woedende water nie.  Dalk het Uys Krige jare terug in hierdie gedig iets van seemanwees vasgevat wat iemand nog nooit weer, nie eers in ‘n duisend briewe kon vasvang nie.  Iets van die vrees, iets van die kans dat die see jou op enig dag stil-stil kan insluk na jou graf toe.  Is die lewe wat ons landmense lewe soveel anders?  Of is ons ook maar dobberend êrens op die oseane van die lewe?  Dalk voel ons dat gebed nie vir ons só nodig is nie … maar mense wat die storms al gesien het, mense wat al van die boot af gevee is, is mense wat weet dat sonder om gedurig te bid die boot maar moeilik aan die dryf bly.


Ken jy die see?

Ken jy die see, Meneer ken jy die see?

Hy lyk nou soos jou voorstoep blink geskuur
en kalm soos min dinger hier benee
maar hy's gevaarliker as vlam of vuur
Dan sê jy nog, Meneer die vis is duur...

Wat van die storms wat nooit ophou raas?
Jy sit pal in jou kombuis klam en guur,
en hoor die wind al woester, wreder blaas
en daar's geen sprokkel hout meer vir jou vuur
Dan sê jy nog, Meneer die vis is duur...

Was jy al van jou bootjie soos ʼn veer gevee
deur ʼn grys golf hoog soos ʼn tronk se muur
wat help dit om te spartel en te skree "Nee Nee"!
Sluk jy eers daardie waters sout en suur
Dan sê jy nog, Meneer die vis is duur...

Sien jy die krom ou vroutjie daar, Mevrou Mathee,
Wat telkens ver, ver oor die golwe tuur
Sy dink die briesie bring
Haar seuns betyds terug vir tee
Hul slaap al drie agter die kerkhof muur
Dan sê jy nog, Meneer die vis is duur...

~  Uys Krige



 

Add comment


Security code
Refresh