|
Met 2012 nog nie eers ordentlik afgeskop nie het die eerste skote al klaar geklap in die stryd teen seerowery. In die volgende maande sou ek graag onder andere van hierdie blog wou gebruikmaak om iets te vertel van die realiteite van seerowery en die tragiese gevolge wat dit vir seemanne en vroue, skeepsrederye en eindelik ook vir die wêreldekonomie inhou. Hieronder die nuutste verhaal van 'n skermutseling met seerowers in die afgelope week.

Kopenhagen, Jan 9 2012: 'n Deense oorlogskip het 14 Iranse en Pakistanse gyselaars bevry na aanleiding van 'n seegebaseerde aanval op seerowers van Somalië, het die Deense Vloot gesê.
Op Saterdag, het die oorlogskip Absalon, wat deel uitmaak van 'n NAVO-begeleide teen-seerowery program, 'n vissersboot agtervolg wat al 'n geruime tyd dopgehou word. Die vermoede het bestaan dat die skip een van die moederskepe is waarvan seeroweroperasies gedoen word.
Die operasie het plaasgevind soos beplan sonder skade aan die skip se bemanning, die gyselaars of die seerowers, het Kaptein Carsten Fjord Larsen, kaptein van die Absalon gesê.
Na drie ure, het die 25 seerowers hulself oorgegee. Sommige het begin om hul wapens oorboord te gooi en ander het gevolg, het Larsen gesê.
Die Absalon het waarskuwing skote geskiet en het verbale instruksies aan die seerowers gegee om oor te gee. By inspeksie was die vissersboot, wat voorheen deur seerowers gekaap is, gelaai met klein motorbote, brandstof en wapens wat na bewering in vorige aanvalle gebruik is.
Die seerowers is huidiglik onder arres, terwyl die vissersboot saam met die Absalon gehou word met die oog om dit terug te gee aan sy regmatige eienaar.
Daar was egter geen inligting oor hoe lank die gyselaars gevange gehou is nie. Larsen het gesê dat hulle nou kontak gemaak het met hul families.
Sonder 'n funksionele regering sedert 1991, het Somalië 'n tuiste vir seerowers wat talle aanvalle op kommersiële skepe langs sy kus van stapel stuur, geword.
Dit is 'n rare oorwinning in die stryd teen seerowers. (Aangepas en vertaal vanaf die NAVO webbladsy)
|