|
Uit die skeepskombuis ...
Dis geen goedbewaarde geheim nie: Teen verwagting in bly die man aan stuur van skip nie in die kapteinskwartiere of op die brug nie! Daai ou dra dalk die rang, maar die belangrikste persoon aan boord is hy beslis nie! As jy wonder of wil weet oor die manne se wel en weë is daar net een ou wat elke stukkie kraakvars nuus ken … Hy’s die een wat agter die kospotte in die skeepskombuis staan. Vra maar wie is die belangrikste man aan boord ... Die kok, sal hulle antwoord sonder om ‘n oog te knip. Daarom, die varsste nuus uit die skeepskombuis!
|
|
'n Kapelaan se perspektief ... |
|
Leonardo da Vinci het gesê, die oorsprong van al ons kennis lê in ons persepsies. Persepsies is die manier hoe ons die wêreld sien en dit vind neerslag in wie ons is en wat ons doen. Dit is dalk waar, maar ons kennis is dikwels gebaseer op wanpersepsies of ons idee oor hoe ons dink iets is.
Dit was my eerste dag as kapelaan in die Kaapstadse hawe. Ek was opgewonde, maar tog gespanne. Ek het baie persepsies gehad oor die mense van die see en hoe hulle gaan wees. Dit word tot my eie skaamte erken, maar my persepsies het min te doen gehad met die werklikheid. Ek het gedink seevaarders is ou mans met lang hare, wit baarde en oogklappe. Vir my was hulle iets soos die karakters in Moby-Dick (Herman Melville) of die gevaarlike seerowers van Robert Louis Stevenson se Treasure Island. Ek het gedink dit is manne wat die groot oseane vreesloos bevaar, sonder respek vir die lewe. My grootste vrees was dat ek nie aanvaar sou word in die ruwe, barbaarse (my persepsie) wêreld nie.
Die teendeel was waar. Op my eerste dag het ek mans ontmoet en uitgevind ons het baie in gemeen. Hulle was dapper, maar nietemin menslik. Ek het uitgevind ons deel menslikheid, maar ook 'n behoefte aan deernis en liefde.
Vandag is my persepsies baie anders. Ek het saam met jong seemanne wat omgee geëet, ek het saam met 'n span wat 'n kollega op see verloor het gehuil en ek het opgewonde gelag saam met 'n man wat huis toe gaan om sy pasgebore dogtertjie te ontmoet. Die belangrikste bly die feit dat ek diep geestelike oomblikke met die seevaarders kon deel. Daardie oomblikke het dit duidelik gemaak dat hulle 'n diep begrip het van liefde, deernis en hoop het. Seevaarders het my iets geleer van saam wees en kameraadskap. Hulle het my geleer van leef met hoop, hoop dat môre beter sal wees.
Ek eer seevaarders, nie omdat hulle vir my 'n platskerm-TV van China af gebring het of my klein motortjie van Duitsland af nie, maar omdat hulle mense is. Menslikheid oorheers, ten spyte van omstandighede wat dikwels onmenslik lyk. Ek vier hulle deernis, liefde, vriendskap en hoop ...
Wat is my perspektief nou? My perspektief is dat ons as kapelane onvoorwaardelike deernis moet hê vir seevaarders. Ons moet dus leer om in hulle skoene te loop. Ons moet ook leer om te besef dat elke seevaarder op ons pad uniek en pragtig is. As ons dit sou waag, verryk hulle ons lewens en leer ons van hoop, kameraadskap en die lewe.
Iemand het geskryf: "Blessed are they who see beautiful things in humble places where other people see nothing." (Geseënd is hulle wat die mooi in eenvoud sien, waar ander niks sien nie). Ek is dikwels geseënd om die mooi te sien in die eenvoudige ruimte van 'n eetkamer op 'n skip, of die dek van 'n skip. Ek is werklik geseënd ...
|
|
Seker oor daai vis op jou bord? |
|
Hoe reguleer mens 'n industrie sonder reëls? Glo dit of te nie, maar daar is geen wette wat die wêreld se visbedryf reguleer nie. Ja, daar is kwotas in ons eie waters, maar wêreldwyd bestaan daar nie internasionale wetgewing of standaarde wat van toepassing is op die seemanne wat aan boord van visserskepe werk nie.
|
|
'n Rare oorwinning in stryd teen seerowers |
|
Geskryf deur Johan Smith
|
|
Met 2012 nog nie eers ordentlik afgeskop nie het die eerste skote al klaar geklap in die stryd teen seerowery. In die volgende maande sou ek graag onder andere van hierdie blog wou gebruikmaak om iets te vertel van die realiteite van seerowery en die tragiese gevolge wat dit vir seemanne en vroue, skeepsrederye en eindelik ook vir die wêreldekonomie inhou. Hieronder die nuutste verhaal van 'n skermutseling met seerowers in die afgelope week.
|
|
Geskryf deur Johan Smith
|
|
Bid gedurig. Dis raad wat ons meer as dikwels in die wind slaan en soms lewe ons boonop só … asof ons gebed nie nodig het nie, asof ons op eie stoom ons pad deur hierdie lewe en sy stormwaters kan stuur in totale onafhanklikheid van iets groter as onsself.
|
|
|
|
|
|