Skip to content

 
Verwelkomingsboodskap vanaf die voorsitter

Baie welkom by die tuisblad van die Christelike Seemansorganisasie.

Die CSO het ten doel om die Blye Boodskap van God se liefde oor te dra aan elkeen wat by die seevaart betrokke is.

Daar is evangeliebedienaars in elkeen van die groot hawens van Suid-Afrika wat op 'n daaglikse basis na die geestelik nood van die seemanne op skepe omsien. Gelowiges van baie verskillende taal- en kultuurgroepe is ons getroue ondersteuners, donateurs en medewerkers. CSO het ook internasionale bande met ander organisasies en is lid van die International Christian Maritime Association - 'n sambreelorganisasies van hawesendingorganisasies.

Dr Wimpie van Schoor
Voorsitter

 
Taal

Taal – ons dink daarin, voer rede daarin, praat daarin, kuier daarin en droom daarin.  Al ooit probeer om iets wat na aan die hart lê vir iemand te probeer verduidelik sodat hul dieselfde passie en emosie kan voel as wat binne in jou leef?  Probeer dit nou in 'n ander taal! En hoe praat en dink ons oor God?  Hoe beleef ons God?  Meestal in ons taal.  Sonder dat ons in eie taal kan uitdrukking gee aan iets soos Sy genade, Sy vrede en liefde is dit veraf konsepte wat op ander mense van toepassing is.  Maar as mens oor God kan praat in jou taal, kan dit deel raak van jou wese … van jou IS.

 
Spesiale Dienste
Ons dienste saam met Rina Hugo en Jammies Jamneck is baie geseënd. Ons het 'n wonderlike geseënde bediening aan ons seemanne en met hierdie dienste het ons nou net so 'n wonderlike bediening aan ons donateurs en vriende.

Ons sal u van tyd tot tyd inlig oor waar ons kuier, op ons webblad en Facebook. Gaan kyk gerus na 'n klompie foto's van verlede jaar se dienste.

 

Warm Harte Projek

Ons Warm Harte Projek is besig om te groei!

Ons het wonderlike reaksie gehad, soveel so dat ons sommer nou dwarsdeur die jaar musse, serpe en seënsakkies kan uitdeel.

Baie dankie daarvoor en moet asseblief nie ophou nie. Ons waardeer dit regtig baie.

Geniet die nuwe foto's!

Image